In Vrouekeur van 29 April skryf Johan Myburg oor die pianis Melvyn Tan wat Johannesburg op 14 Mei besoek. Hy gee’n uitvoering van musiek uit die Romantiek.
JOHAN MYBURG
Die inligting hier onder is ter aanvulling van die rubriek in Vrouekeur.
JMS-program
Melvyn Tan se program vir die JMS-uitvoering lyk so:
- Robert Schumann se Papillons, op. 2
- Ludwig van Beethoven se Sonate in E, op. 109
- Carl Czerny se Variasies op ‘n tema van Rode, op. 33, “La Ricordanza”.
- Frédéric Chopin se 24 Preludes, op. 28.
Tan se uitvoering begin om 20:00. Bespreek by Computicket. Besoek JMS se webwerf by www.jms.org.za.
Melvyn Tan saam met die Buskaid-strykensemble in ‘n uitvoering van Mozart se Klavierkonsert no. 12 in A, K414. Die opname is in 2015 tydens die Johannesburg Internasionale Mozart-fees gemaak.
Mozart’s piano concerto no 12 from BUSKAID on Vimeo.
Kyk hier na ‘n uitvoering van Ludwig van Beethoven se Klavierkonsert no. 3 in c, op. 37 asook die Klavierkonsert no. 4 in G, op. 58. Melvyn Tan is voor die klavier, sir Roger Norrington is op die podium en die orkes is die London Classical Players. Die opname is ook beskikbaar op die EMI Classics CDC 7498152.