In Vrouekeur van 27 Mei skryf Johan Myburg oor ‘n uitvoering vir die Johannesburg Musiekvereniging waarin die Hongaarse violis Kristóf Baráti en die Amerikaanse pianis Bryan Wallick musiek vir viool en klavier uit die Romantiek uitvoer. Dié inligting is ter aanvulling tot die rubriek in Vrouekeur.
Johan Myburg
Luister na Baráti se uitvoering van JS Bach se Sonate vir viool in g. Die opname is in 2008 tydens ? uitvoering in die Moskou-konservatorium gemaak.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/PGFs7n6n3-8″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Luister na ‘n opname van Beethoven se Lente-sonate – No. 5 in F, op. 24 – uitgevoer deur Anne-Sophie Mutter (viool) en Lambert Orkis (klavier).
[iframe width=”420″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/ZurjUxUgoh4″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Luister na Joshua Bell se vertolking van De Sarasate se Zigeunerweisen, een van Sarasate se bekendste komposisies. Bell tree op saam met die Royal Philharmonic Orchestra onder leiding van Andrew Litton.
Vir meer inligting oor die JMV besoek die webwerf www.jms.org.za.
Bryan Wallick