In Vrouekeur van 18 Desember skryf Johan Myburg oor Johann Sebastian Bach se Kersfees-oratorium. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot dié rubriek
JOHAN MYBURG
Luister hier na “Wie soll ich dich empfangen” uit die eerste deel van die Weinachts-Oratorium.
[iframe width=”350″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/1cf4P5xuEus” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Op YouTube kan jy by hier luister na die volledige oratorium uitgevoer deur Philippe Herreweghe met die koor en orkes van die Gentse Collegium Vocale. Die soliste is Barbara Schlick (sopraan), Michael Chance (alt), Howard Crook (tenoor) en Peter Kooy (bas).
Volgens die gesaghebbende tydskrif Gramophone is die beste opname van Bach se Weinachts-Oratorium, BWV 248, dié van Nikolaus Harnoncourt saam met die Weense Arnold Schönberg-koor en Concentus Musicus Wien. Die soliste is Christine Schäfer, Bernarda Fink, Werner Güra, Gerald Finley en Christian Gerharer. Die stel met 2 CD’s is opgeneem in 2007.
Benewens dié opname is die een op Naxos (3 CD’s) ook beskikbaar. Die Hongaarse radiokoor en Failoni-kamerorkes staan onder leiding van Géza Oberfrank. Die soliste is Ingrid Kertesi (sopraan), Judith Nemeth (alt), Jozsef Mukk (tenoor) en Janos Tóth (bas).