Johan Myburg skryf in Vrouekeur van 15 April oor Felix Mendelssohn, een van die vroeë Romantiek se vernaamste komponiste. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot die rubriek in Vrouekeur
JOHAN MYBURG
Tussen 1829 en 1845 het Felix Mendelssohn (1809-1847), een van die vernaamste komponiste van die Romantiek, ‘n reeks kort, liriese werke vir die klavier gekomponeer. Dié reeks is in agt volumes gepubliseer as Lieder ohne Worte (Liedere sonder woorde) en is waarskynklik Mendelssohn se bekendste werk vir klavier.
Luister hier na Daniel Barenboim se vertolking van Mendelssohn se Lieder ohne Worte vir Deutsche Grammophon.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/9V7DYckpj8o?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Luister hier na Mendelssohn se Simfonie no. 5 in D/d, op. 107, ook bekend as die Reformasie-simfonie. Die dirigent voor die Nederlandse Kamerorkes is Ton Koopman.