In Vrouekeur van 15 Julie skryf Johan Myburg oor die gevierde Suid-Afrikaanse sopraan Emma Renzi wat onlangs 90 geword het. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot die rubriek in Vrouekeur.
Johan Myburg
Na die einde van dié opname kan ‘n mens duidelik hoor hoe Cecchele, nadat die gehoor gemor het omdat hy nié die (tradisionele) opsionele hoë C gesing het nie, skree: È scritto da Puccini (Dis soos Puccini dit geskryf het). Metha kom tot sy redding en dié skree op sy beurt: È molto coraggioso sempre urlare nel buio qui (Dis altyd baie dapper om hier in die donker te skree).
‘n Paar oomblikke later hoor ‘n mens Metha skree Basta! (Genoeg!) en ná ‘n luide hou op ‘n pouk bedaar die gehoor wel.
Die hoë C is nie gesing nie omdat die oogmerk met dié gala-uitvoering was om so na as moontlik aan die oorspronklike Scala-première te bly.
Renzi het verskeie toekennings en eerbetonings ontvang, onder meer die Orde van Verdienstelikheid van die Suid-Afrikaanse staatspresident, die Adelaide Ristori-toekennig deur die Italiaanse regering asook die Stella della Solidarieta van die Italiaanse regering. Die Potchefstroomse Universiteit het aan Renzi ‘n eredoktorsgraad toegeken.
Ter viering van haar 90ste verjaardag het van Emma Renzi se studente – voormalige én huidige studente – ‘n huldigingskonsert in Northwards in Johannesburg aangebied.
Emma Renzi tydens die viering van haar 90ste verjaardag in Johannesburg. Foto Linette van der Merwe
‘n Regstreekse opname van Emma Renzi en Gianfranco Cecchele se vertolking van “In questa reggia” uit die 1976-weergawe van La Scala se Turandot. Die dirigent was Zubin Metha.