Die tweede Elizabeth Connell-prys vir dramatiese soprane is tans aan die gang en die wenner word in September in Sydney, Australië, aangekondig.
Johan Myburg
Die afgelope maand het die semifinaliste oudisisies afgelê in Sydney, San Francisco, New York en Londen en op 19 September ding die vyf finaliste mee om dié prys, in die lewe geroep deur die Suid-Afrikaans gebore sopraan Elizabeth Connell.
Die eerste wenner van dié prys verlede jaar was die Poolse sopraan Anna Patrys. Luister na Patrys se weergawe van “Liebestod” uit Wagner se Tristan und Isolde tydens die eindronde van die kompetisie op 13 September 2014. Die pianis is David Harper.
Elizabeth Connell
In 2008 is Connell lof toegeswaai vir haar vertolking van die titelrol in Puccini se Turandot in die Royal Opera House in Londen, ’n rol wat sy ook gesing het in Sydney, Hamburg en Praag. Luister na Connell se “In questa reggia” uit Giacomo Puccini se Turandot. Dié opname is in Februarie 2011 in Praag gemaak. Die was haar laaste operaoptrede.
Haar laaste optrede was op 27 November 2011 in Hastings in Engeland. Luister na die aria “La luca langue” uit Giuseppe Verdi se Macbeth. Voor die klavier is Stephen Rose.
Luister ook na Connell se encore op 27 November 2011 was Ernest Charles se “When I have sung my songs to you, I’ll sing no more”.
Luister na ’n onderhoud van bykans ’n uur met die Australiese ABC Classic fm waarin Connell praat oor haar loopbaan, oor dirigente met wie sy saamgewerk het en bowenal oor tegniek. Benewens die insig wat Connell bied is dit die ingeligte gesprekvoerder, Margaret Throsby, wat ’n mens só beïndruk in dié onderhoud. Klik hier