Tussen 1838 en 1848 was dit die opera wat die meeste keer aangebied is. Dis steeds besonder gewild en wêreldwyd deel van talle geselskappe se standaard-repertorium
Johan Myburg
Ná Opera Africa se sukses met Mozart se Cosí fan tutte in 2014 pak dié geselskap nou Gaetano Donizetti se bittersoet komiese opera in twee bedrywe, L’elisir d’amore (Elikser van die liefde). Dié produksie is op 2, 4 en 6 Augustus te sien in die Mandela van die Joburg-teater in Braamfontein.
Dié opera wat sy première op 12 Mei 1832 in die Teatro della Canobbiana in Milaan gehad het, was ? onmiddellik ? treffer in Italië. Tussen 1838 en 1848 was dit die opera wat die meeste keer aangebied is. Dis steeds besonder gewild en wêreldwyd deel van talle geselskappe se standaard-repertorium.
Die verhaallyn is nie dikker as enige hedendaagse romantiese fliek nie en die gehoor weet terstond waarheen die verhaal mik. Die bekoring van die opera lê in die roete om by die einde uit te kom.
Die beeldskone Adina is besig om Tristan en Isolde voor te lees vir die mense in haar Spaanse dorpie. In dié gehoor is daar ook die arm Nemorino. In die verhaal drink Tristan ? liefdes-elikser wat Isolde smoorverlief op hom maak. As Nemorino ? elikser in die hande kan kry is Adina syne, meen hy.
Maar daar is ? sersant Belcore wat intussen sy flikkers gooi en Nemorino is nie uitermate beïndruk met dié mededinger nie.
Dis dan wanneer Dulcamara, ? smous met allerlei kure, in die dorpie opdaag. Nemorino vra of hy ? elikser het en Dulcamara, wat minder edel is as wat hy voorgee, verkoop aan Nemorino niks meer nie as ? bottel goedkoop wyn. Die “elikser” sal glo die volgende dag die gewenste uitwerking hê.
Nemorino lig Adina in dat sy die volgende dag op hom verlief sal raak. Sy vererg haar en kondig haar huwelik met Belcore aan.
Die tweede bedryf begin met Nemorino wat ? tweede bottel van die elikser wil koop, maar hy het nie genoeg geld nie. Hy besluit om by die leër aan te sluit om ? inkomste te verdien om die elikser te kan bekostig. Dulcamara vertel vir Adina van Nemorino se plan en die feit dat hy oorlog toe sal gaan vir haar vermurwe haar hart.
Dis in die tweede bedryf waar Nemorino sy befaamde aria “Una furtiva lagrima” sing as hy besef die “elikser” het die geslaagde uitwerking gehad.
In Gauteng Opera se voorstelling vertolk Bronwen Forbay die rol van Adina en dié van Nemorino word gedeel deur Thabiso Masemene en Kagiso Boroko. Belcore word vertolk deur Luthando Qave. Die rol van Dulcamara word gedeel deur Thato Machona en Solly Motaung. Caroline Nkwe vertolk die rol van Adina se vriendin Gianetta.
Die dirigent voor die orkes van Gauteng Opera is die Nederlandse dirigent Arjan Tien en die regisseur is Marcus Desando. Declan Randall is verantwoordelik vir die beligting en Christiaan Harris vir die kostuumontwerp.
Tien is professor aan die Maastricht-konservatorium en die Fontys-konservatorium in Tilburg. Hy is ? gereelde besoeker in Suid-Afrika en het al meermale vir Gauteng Opera gedirigeer.
Die produksie is te sien op 2, 4 en 6 Augustus om 20:00 en 7 Augustus om 15:00. Kaartjies kos van R200 tot R500. Bespreek by www.joburgtheatre.com.
Arjan Tien is die dirigent voor die orkes van Gauteng Opera.
[iframe width=”420″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/h8_AfrqbT5k” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Rolando Villazon met die aria “Una furtiva lagrima” uit Donizetti se L’elisir d’amour. In dié 2005-opname is Anna Betrebko te sien as Adina.