In Vrouekeur van 8 Januarie skryf Johan Myburg oor die totstandkoming van die simfonie as musikale genre. Die inligting hieronder is aanvullend tot dié rubriek
Johan Myburg
Wolfgang Amadeus Mozart
Ludwig von Beethoven
? Voorstelling van die tipiese orkesbesetting tydens die Klassieke era. Die instrumente is só geplaas op grond van die klankvolume – voor is die viole en heel agter die perkussie (simbale, pouke en bastrom).
Kyk hier na ? opname van Mozart se Simfonie no. 38 in D, K. 504 (die sogenaamde Praag-simfonie). Die dirigent is Nikolaus Harnoncourt.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/qcE-i0eI4CQ” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Kyk hier na ? opname van Beethoven se Simfonie no. 3 in E-mol, op. 55 (die sogenaamde Eroica-simfonie) van 1804. Die dirigent is Daniel Barenboim tydens ? uitvoering van die 2012-BBC Proms.
[iframe width=”350″ height=”263″ src=”https://www.youtube.com/embed/InxT4S6wQf4″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Beethoven het die Eroica aanvanklik opgedra aan Napoleon Bonaparte, maar toe dié homself as keiser verklaar in 1804 het Beethoven sy naam op die voorblad van die partituur uitgekrap.
Die BBC-aanbieder Katie Derham gee aan die hand van onderhoude agtergrond oor dié Beethoven-simfonie.
Klassieke simfonieë
Die opname van Mozart se Simfonie no. 38 deur die Skotse Kamerorkes onder leiding van sir Charles Mackerras is in 2012 deur die BBC Music Magazine aangewys as een van die 20 vername opnames die afgelope 20 jaar. Op dié album is vier simfonieë van Mozart oopgeneem: No’s 38 tot 41.
Daar is talle opnames van Beethoven se Eroica-simfonie beskikbaar. Die Weense Filharmonie bly immer ? goeie keuse, of dit nou is met die voormalige dirigent Herbert von Karajan of met Claudio Abbado.