In Vrouekeur van 6 Mei skryf Johan Myburg oor die opkoms van die virtuose kunstenaar in die Romantiese era. Die violis Niccolo Paganini en die pianis, dirigent en komponis Franz Liszt kom ter sprake. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot die Vrouekeur-rubriek.
Johan Myburg
Kyk na die lokprent van The Devil’s Violinst, ? fliek wat Bernard Rose in 2013 gemaak het oor die lewe van Niccolo Paganini. Die violis David Garrrett is te sien in die rol van Paganini.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/FTEb3RsN4jw” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
In dié weergawe wat van 1997 dateer is Evgeny Kissen voor die klavier in die Royal Albert Hall in Londen met Franz Liszt se “La campanella”, die derde van die ses Grande études de Paganini. Die stuk is in g-kruis. Die melodie kom uit Paganini se Vioolkonsert no. 2 in b.
[iframe width=”560″ height=”315″ src=”https://www.youtube.com/embed/M0U73NRSIkw” frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Liszt-opnames om te oorweeg
Die Hongaarse pianis Georges Cziffra (1921-1994) word steeds gereken as ‘n uitsonderlike vertolker van Liszt se virtuose werk. Ten opsigte van tegniek word hy boonop gereken as een van grootste pianiste van die 20ste eeu. Op dié CD speel hy die tien Hongaarse rapsodieë van Liszt.
‘n Hedendaagse klaviervirtuoos is Arcadi Volodos gewis. Op dié CD speel hy die volgende Liszt-werke:
Années de pèlerinage, (“Suisse”)
Années de pèlerinage, (“Italie”)
St François d’Assise: La prédication aux oiseaux
Bagatelle sans tonalité
Hongaarse rapsodie no. 13 in a
“Weinen, klagen, sorgen, zagen”, prelude vir klavier (JS Bach)
Funérailles
La lugubre gondola II
En rêve, nocturne vir klavier
Itzhak Perlman se vertolking van die 24 kapries van Niccolo Paganini bly ‘n merkwaardige opname.