In Vrouekeur van 11 Maart skryf Johan Myburg oor die werk van die komponis-paar Clara en Robert Schumann. Die inligting hier onder is ter aanvulling tot dié rubriek
JOHAN MYBURG
Kyk hier na Amaia Azcona (sopraan) en Matthieu Esnult (klavier) se vertolking van Clara Schumann se “Geheimes Flüstern hier und dort”, op. 23 no. 3.
[iframe width=”350″ height=”197″ src=”https://www.youtube.com/embed/y2lMR8GJm9o?rel=0″ frameborder=”0″ allowfullscreen=””]
Robert Schumann
In 1947 het Clarence Brown die rolprent Song of Love gemaak oor die lewe van Clara en Robert Schumann. Katherine Hepburn het die rol van Clara vertolk, Paul Henreid die rol van Robert en Robert Walker dié van die jong Johannes Brahms. Dié swart-wit rolprent is op die internet beskikbaar.