Een van die wêreld se gewildste kunsuitstallings kom binnekort Suid-Afrika toe – moenie LEGO se The Art of the Brick-uitstalling misloop nie!
Miljoene mense wêreldwyd het al die LEGO The Art of the Brick-uitstalling besoek. Die Amerikaanse kunstenaar Nathan Sawaya het meer as ’n miljoen LEGO-blokkies gebruik om die kunswerke in dié uitstalling te skep, soos die T-Rex-geraamte wat meer as ses meter hoog staan en uit meer as 80 000 LEGO-blokkies bestaan.
Jy sal ook die geleentheid kry om LEGO-weergawes van die wêreld se gewildste kunswerkte te sien, soos Da Vinci se Mona Lisa, Van Gogh se Sterrenag en die Venus de Milo.
“Suid-Afrika is een van die ongelooflikste plekke wat ek nog op my reise besoek het en ek is opgewonde om terug te kom en The Art of the Brick Suid-Afrika toe te bring,” sê Nathan.
Wen Ons gee 8 kaartjies na die LEGO The Art of the Brick-uitstalling weg. Klik hier om in te skryf.
Bespreek só
Prys: R140 (volwassenes) R95 (kinders). Bespreek by www.computicket.co.za
Kaapstad 12 Des – 28 Feb 2015, V&A Watershed Exhibition Centre
Johannesburg 13 Mei – 12 Aug 2015, Argiewe-gebou, Rosebank
Meer inligting
• Besoek www.theartofthebricksa.co.za
• Volg op Facebook www.facebook.com/theartofthebricksa
• Volg op Twitter @BrickmanZA