Die Duitse tjellis Maria Kliegel tree op 14 November op in Kaapstad saam met die pianis Albie van Schalkwyk. Dié konsert begin om 20:00 in die Baxter-konsertsaal.
Op die program is Saint-Saëns se Sonate vir tjello en klavier no. 1; De Falla se “Suite populaire espagnole” en “Spaanse dans” uit La vida breve; Granados se Intermezzo uit Goyescas; Cassado se “Requiebros” en Grieg se Tjellosonate in a, op. 36.
Kliegel is een van Duitsland se voorste tjelliste. Sy het Rostropowitsj-kompetisie in 1981 gewen en talle opnames vir die Naxos-etiket gemaak – onder meer uitvoerings van tjellowerke deur Beethoven, Bloch, Brahms, Bruch, Donhanyi, Dvorák, Elgar, Lalo, Saint-Saëns, Sjostakowitsj, Schumann, Tavener en Tchaikowski.
Sy speel op ? tjello wat deur die Venesiese Carlo Tononi gemaak is, om en by 1730.
Kaartjies kos R350 (R250 vir pensioenarisse) by Computicket by 0861 915 8000 of www.computicket.com. Studente en leerlinge betaal R100 by die deur.