Kuns in aksie! Kom kyk bietjie hoe dit werk.
Kapenaars gaan binnekort die geleentheid kry om kuns te sien vorm aanneem wanneer Artmode kunstenaars uit ’n verskeidenheid agtergronde en verskillende genres in die Youngblood-galery in die stad bymekaar bring.
Dié projek gee kunstenaars die geleentheid om vir mense te wys hoe hulle werk. Gaste sal selfs die kans kry om van die kunstenaars te ontmoet.
Die kunsvorme wat hier uitgestal sal word, strek van klavierspel tot elektroniese musiek, graffitikuns, skaatsplankontwerp, funksionele meubelontwerp, opvoerings, dansers, skilders en meer!
Wanneer Donderdag, 13 November 2014
Waar Die Youngblood Gallery, 70 – 72 Breestraat, Kaapstad
Tyd 19:00 tot laat
Kaartjies R120 (by die deur), R100 (op Webtickets).
Bespreek kaartjies op die Webtickets-webwerf
Vir meer inligting
• Besoek YoungbloodAfrica se webwerf
• Volg Artmode se Facebook-blad
WEN dubbelkaartjies na Artmode. Skryf in op ons kompetisieblad