Die werk van twee digters het Donderdag op Potchefstroom weerklink: dié van Antjie Krog toe sy uit haar jongste bundel, Mede-wete, voorgelees het, en dié van TT Cloete in die program Die aanwesigheid van die afwesigheid – TT Cloete hier teenwoordig.
Johan Myburg
By die Boeke-oase het belangstellendes byeengekom vir dié gratisprogram waarin Krog vir net meer as 40 minute in haar eie tongval – soms met, soms sonder toeligting – voorgelees het. Dit was ’n gestroopte aanbieding waarin die vers sentraal gestaan het en ’n mens direk gekonfronteer is met die krag van haar poësie.
Later die aand, aan die ander kant van die dorp, in die NG Kerk Miederpark, is ’n musiekproduksie aangebied wat beskryf is as ’n viering van Cloete se lewe – dié Potchesfstroomse digter is in Julie dood op 91.
Met die uitvoering deur die Potchefstroomse musici Hennie Coetzee (jammer van die elektroniese klawerbord in plaas van ’n klavier), Human Coetzee (tjello) en Matthys Coetzee (tjello) as hoogtpunt het die res van die aand verloop in die rigting van ’n huldeblyk met samesang en ’n flansing van persoonlike (musikale) herinnerings deur onder andere Olga Leonard en Babette Viljoen en die Mannekoor onder leiding van Awie van Wyk as regisseur.
Maar van ’n koherente musiekproduksie waarvoor gehoor R70 per persoon moes betaal was daar nie sprake nie.
HOOGTEPUNTE VIR SATERDAG
Produksies om in gedagte te hou as jy vir net een dag Aardklop besoek:
People Are Living There (09:00)
Son. Maan. Sterre. (09:00) Probeer kaartjies bedel as daar nie meer te koop is nie!
Die Moeder Moed-span
Moeder Moed en haar kinders (10:00)
Hemelruim (15:30)
SOURCES
verskaf