Haute Cabrière – die tuiste van Pierre Jourdan – is in besit en onder bestuur van die Von Arnim-familie en groei sy onderskeidende wynportefeulje op ’n eenvoudige filosofie: die gebalanseerde bydrae van “Son, Grond, Wingerd en Man”.
Maryke Roberts
Sjef Dennis Strydom neem die wese van tuisgemaakte kookkuns en verhef dit na restaurant-vlak. Hy koester die Haute Cabrière filosofie van “Son, Grond, Wingerd en Man” en die kernbestanddeel van hierdie jong sjef se kookstyl is om die beste plaaslike produkte in elke dis te laat uitstaan. Strydom is ywerig om vars produkte uit die restaurant se uitgebreide groentetuin in te sluit en die proe-spyskaart is saamgestel uit wat daagliks beskikbaar is.
Haute Cabrière is uitgekerf in die Franschhoek bergreeks en is bekend vir sy pragtige ligging. Op koue wintersdae brand die groot kaggel in die middel van die restaurant. Die Haute Cabrière winter-geïnspireerde 3- of 6-gang pasmaat-spyskaart bied trooskos op sy beste. Die Franse uiesop en geroosterde groenteslaai voorgeregte is die perfekte voorbeelde van daardie outentieke bistro-styl aanslag. Hoofgeregte sluit confit eend met truffel aartappelpuree en Ratafia-sous in.
Vir die kleinspan is daar Piccolo-biefstuk, ’n Carbonara pastagereg of ’n geroosterde toebroodjie met kaas, ham en tamatie wat met skyfies of groente bedien word. Bederf hulle met ’n vanieljeroomys met lekker strooisels of die bessie-sundae.
Haute Cabrière bied ook ’n Terras-spyskaart vir diegene wat ’n ligter maal verkies wat Vrydag- en Saterdagnamiddae van 15:00 tot 17:00 bedien word. Haute Cabrière se proelokaal en restaurant is beide op die Franschhoekpas (Lambrechtsweg), Franschhoek, geleë. Bel 021 876 8500 of e-pos [email protected].
Lekker kos en wyn voor die kaggel by Haute Cabrière.
Sjef Dennis Strydom en keldermeester, Takuan von Arnim.
.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.