Is jou kind die slagoffer van kuberboelies? Lees in dié week se Vrouekeur meer oor die hantering van die probleem.
Anne Marais
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens gee die volgende wenke om jou kind aanlyn te beskerm:
– Hou die rekenaar binne sig sodat jy kan sien wat gebeur wanneer jou kind aanlyn is.
– Stel filters in plek en gebruik spesiale sagteware om onvanpaste inhoud te blokkeer en jou kind aanlyn te monitor.
– Bly op hoogte met jou kind se wagwoorde sowel as die tipiese akronieme wat kinders aanlyn gebruik.
– Moedig jou kind aan om dit aan jou of ’n ander volwassene te rapporteer wanneer hy of sy aanlyn geboelie word.
Bron: www.saps.gov.za