Nuusdag is nie net ’n alledaagse nuusprogram nie én dit word boonop deur ’n gedugte span aanbieders gelei
Nuusdag bring aan jou die dag se belangrikste internasionale, plaaslike én streeksnuus, Maandae tot Vrydae op eExtra.
Boonop kan jy ook jou opinie in die daaglikse meningspeiling lug – word self deel van die nuusagenda!
Jou span aanbieders
Nuusdag word deur welbekende en geliefde aanbieders soos Suzaan Steyn, Rozanne McKenzie en Elvis Presslin aangebied. Dié gedugte span is elke dag op hul pos om jou op hoogte van die jongste verwikkelinge te bring en om jou mening te hoor.
Rozanne McKenzie
As ’n ervare nuusleser, aanbieder, aktrise en stemkunstenaar, het Rozanne McKenzie in Oktober 2018 as nuusleser by Nuusdag om 8 aangesluit. McKenzie het ook, onder meer, Nasie in gesprek op kykNET en Nation in Conversation op Business Day TV en Soweto TV aangebied.
Elvis Presslin
Alombekend as ’n aanbieder van The Weekend View op SAFM en Monitor en Spektrum op RSG, het Elvis Presslin nou ook by die Nuusdag-span aangesluit. Presslin is ’n bedrewe stemkunstenaar en was ook van 2013 tot 2018 ’n nuus- en aktualiteitsaanbieder op die SABC-nuuskanaal 404.
Suzaan Steyn
Suzaan Steyn is ’n bekende en behendige joernalis, TV-aanbieder, radio-omroeper, en skrywer en gee opleiding in stem- en voorleggingsvaardighede. Steyn is ook ’n stemkunstenaar en is bekend vir haar verskyning in vele programme, waaronder die onlangsste Nuusdag op eExtra is.
Nuusdag saai Maandag to Vrydag om 6:30NM uit op eExtra (Openview-kanaal 105 en DStv-kanaal 195).
Dis jou nuus, jou streek, ons taal.