Het jy nog altyd van ’n Afrika-avontuur gedroom? Wel, nou’s dit jou kans. Vrouekeur en Seagull-toere gaan van 13 tot 20 Augustus 2017 op safari
Wat kan jy verwag?
’n Onvergeetlike Afrika-ervaring: ’n Luukse 4×4-safari. Ons besoek Lake Nakuru Nasionale Park en vat dan die pad na die Masai Mara. Hierdie park is alombekend vir die migrasie van duisende wildebeeste en sebras. Ons kans is goed om te sien hoe hulle deur die Mararivier spring! Met asemrowende natuurskoon, heerlike etes en plaaslike vermaak, is hierdie sewe dae wat jy nooit sal vergeet nie.
WAT KOS DIT?
Die landreëlings van die toer kos 2 490* USD per persoon wat deel (bereken op ’n minimum van 18 toerlede), met ’n bykomende tarief van 650 USD* vir ’n enkelkamer, plus ’n vliegkaartjie van R3 500* per persoon.
INGESLUIT
- Retoervliegkaartjies in ekonomiese klas met Kenya Airlines
- Vervoer
- Luukse verblyf en maaltye soos aangedui.
- Padvervoer en wildritte in 4×4-voertuie met Engelssprekende toergids/bestuurder
- Alle toegangsgelde
- Gebottelde water tydens safari
- Lidmaatskap aan die Flying Doctor Service (AMREF) vir noodontruiming
UITGESLUIT
- Lughawebelasting: R5 500*
- Reisversekering: R350* as jy 69 of jonger is
- Fooitjies: 90 USD per persoon
- Ballonsafari op dag 5: 550 USD per persoon
- Alle persoonlike artikels
Gesondheidsvereistes:
- Geelkoorssertifikaat / Malariavoorbehoedmiddels’n Deposito van R3 000 per persoon asook
’n voltooide besprekingsvorm sal jou plek bespreek. Deelname aan die toer is op ’n “eerste daar, eerste klaar”-grondslag. - Die volle balans van die toerprys is twee maande voor die vertrek betaalbaar.
- ’n Ekstra heffing sal geld vir vlugte wat nie dieselfde as die groep geneem word nie.
- Kredietkaartbesprekings net vir internasionale vlugte en lughawebelasting.
*Beraamde koste onderworpe aan die wisselkoers, getal groepslede en vlugskedules