Makaron Restaurant het pas sy nuwe interessante “klein bordjies” spyskaart bekendgestel
Deur: Maryke Roberts
Foto’s: Clifford Roberts en verskaf
Makaron Restaurant, geleë aan die buitewyke van Stellenbosch in die Majeka House boetiekhotel, se hoofsjef Lucas Carstens, het pas sy nuwe interessante “klein bordjies” spyskaart bekendgestel. Hierdie gourmet bestemming wat deur Etienne Hanekom ontwerp is, laat maaltye nou kook met ’n innoverende spyskaart met klein bordjie kookkuns.
“Daar is wêreldwyd ’n neiging na klein bordjie tapas-styl eet, waar mense geure en teksture om ’n tafel deel,” verduidelik Lukas, wat in 2015 die stuur by die Makaron kombuis oorgeneem het. “Die idee hiermee is buigsaamheid en ons wil hê dat gaste self moet besluit hoe hulle die spyskaart wil ontdek.”
Hierdie buigsaamheid is te danke aan ’n opwindende spyskaart-aanbieding van 18 bordjies wat deur Lukas uit ’n getroue notaboek vol idees, inspirasie van ander kookboeke en sy eie kulinêre ontdekkings byeengebring is.
“Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van State Bird Provisions in San Francisco. Dis ’n rustieke stads-eetplek waar die fokus is op klein bordjies wat in yum cha-styl bedien word, sodat gaste kan kies wanneer hulle wat wil eet,” het hy by die bekendstelling verduidelik.
LEES OOK: Nuwe restaurant vir Kampsbaai
Hoewel die spyskaart opgedeel is in ’n voorgestelde reis van “Voorgestelde Voorgereg”, “Gevolg deur”, “Die ernstiger keuse” en “Om af te sluit”, is gaste vry om hul eie kulinêrereis saam te stel.
“Ons probeer regtig om die umami geure in die disse na vore te bring en gebruik skroei, inlê en fermentasie,” verduidelik Lukas.
Hoewel die inspirasie uit internasionale neigings kom is, is daar ’n treffende insluiting van Suid-Afrikaanse geure en bestanddele.
Bel 021 880 1549 of e-pos [email protected] vir besprekings. Vir meer inligting, besoek www.majekahouse.co.za
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.