Maryke en Clifford Roberts het die 22ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn begewoon. Kyk wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
As jy die geskiedenis van Oudtshoorn wil leer ken, is die daaglikse Historiese Wandeltoer van 150 minute beslis die aangewese ding. Leer meer oor die volstruispaleise, die boustyle en kyk na die pragtige sandsteen argitektuur.
Elize Cawood en Wilson Dunster speel in ‘n Geworry en bied ‘n komiese kykie op ouerskap. Net sodra jy glo jou kinders is uit die huis, op hul eie voete en jy kan op 60 weer na jou eie behoeftes begin omsien, vind jy dat groot kinders eintlik net moeilikheid voorspel!
Kunsliefhebbers kan daagliks om 14:00 saam met dr. Paul Bayliss, Visuele Kunskurator, op ‘n Rondleiding by die Prince Vintcent-gebou gaan.
Vinette Ebrahim lewer treffende toneelspel in Invisible, waarvan sy die solovertoning doen en ook die teks geskryf het. Dit vertel die storie van Katie Jacobs, ‘n bergie wat “ander se seer op ‘n myl kan uitken” en wie se metgesel in die lewe ‘n winkelpop genaamd Beethoven is. Sy is een van die kinders wat destyds met haar familie uit Distrikses verwyder is en haar lewe loop tragies uit. Haar storie sluit af met die woorde: Katie Jacobs. Dalk invisible vir jou, maar mens vir my.”
Kul met Tobie Cronjé, Nicola Hanekom en Wilhelm van der Walt is ‘n sielkundige riller, waar jy moet kophou met wie is nou eintlik pasiënt, reeksmoordenaar, dokter of skrywer – wie het kom kuier en wie woon reeds daar… beslis nie vir sensitiewe kykers nie, maar uitstekende spel deur al drie karakters.
‘n Kat in die duiwehok met Eric Nobbs en Almar Müller is ‘n interessante kykie op oudword. Die twee akteurs speel dieselfde man, die jonger weergawe en sy ouer self.
Lollos kuier vandag vir die tweede maal in die Rivierbuurt op die kykNet Musiekverhoog.
Vinette Ebrahim in Invisible, die storie van Katie Jacobs, wat weet mense sien haar nie raak nie, maar sy is daar.
Tobie Cronje en en Wilhelm van der Walt in Kul.
SOURCES
Clifford Roberts