Maryke en Clifford Roberts het die 22ste Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn bygewoon. Kyk wie hulle raakgeloop het en wat hulle bygewoon het.
Maryke Roberts
Die reën en sterk wind het almal effe onkant gevang en tente het weggewaai en feesgangers deurnat gelaat. ‘n Paar buite-vertonings is gekanselleer.
Hemelbesem het ‘n interessante vertoning gehad in Afrikaansvatter, met onder meer Coenie de Villiers op klavier, ‘n graffiti-kunstenaar wat sy slag gewys het en ‘n tatoëer-kunstenaar wat gesit en werk het en die gehoor kon die vordering op ‘n kamera volg. Hemelbesem het gesê hy is mal oor Afrikaans en glo die taal moet organies groei; woordeboeke moet dikker word en meer volkstaal insluit; mense se sêgoed uit alle gemeenskappe insluit. “Moet my nie meet aan jou standaard van die taal nie,” het hy verklaar.
Die mense het die koue weer en reën trotseer vir Karen Zoid se konsert; Marc Lottering het gehore laat skater in sy vertoning en Vinette Ebrahim se vertolking van ‘n bergie in Invisible, was aangrypend.
Andriëtte Norman en Pedro Kruger gesels in die Absa Kuierkamer.
Hemelbesem het ‘n interessante mengsel konsert, Afrikaansvatter, op die verhoog gehad.
Wessel Pretorius en David Viviers is te sien in Klara Maas se hart is gebreek.
SOURCES
Clifford Roberts