Inligting wat ‘n verskil kan maak in jou en jou kinders se lewe
Christa Swanepoel
Of ‘n kind tradisionele groepsdruk of digitale groepsdruk ervaar, ARA gee die volgende wenke aan ouers om die kanse te verminder dat hul kinders ‘n ongesonde verhouding met alkohol ontwikkel.
1 Gee jou kind ‘n paar voorbeelde van hoe om nee te sê vir alkohol sonder om gespot te word:
“Ek hou nie van die smaak van alkohol nie.”
“Ek sal lewenslank gehok word as my pa uitvind, en hy is skerp, hy sal dadelik weet.”
“Ek het al my breinselle nodig vir môre se wiskundetoets, of rugbywedstryd.”
2 Moedig jou tiener aan om vriende te maak wat soos hy dink en wat mekaar nie sal aanmoedig om te drink nie.
3 Verduidelik aan jou kinders dat hulle nie moet toelaat dat ander hulle beïnvloed om goed te doen wat hulle weet gevaarlik of verkeerd is nie.
4 Vind uit hoe werk die sosiale media en tegnologie wat jou kinders gebruik.
5 Jou kinders moet weet dat jy belangstel in watter sosiale media hulle gebruik en dat hulle jou op hoogte moet hou.
6 Hou die rekenaar op so ‘n plek in jou huis dat jy maklik kan sien wat hulle doen en hoe lank hulle op internet is. Beperk ook jou kinders se gebruik van internet op rekenaars en selfone.
Vir meer inligting besoek www.ara.co.za