Wil jy vanjaar se feestelikhede meer georganiseerd aanpak? Hier is raad
15-20 Desember
- Begin Kersresepte soek.
- Delegeer sekere pligte en vra geliefdes om maaltye vir die groot Kersete te bring.
- Skryf neer wie almal geskenke moet kry en koop dit. Daar is tot toeps wat jou kan help om kop te hou met geskenke en begrotings soos “The Christmas List”.
- As jy kos vir Kersfees aanlyn wil koop, moenie langer wag nie. Doen dit nou.
- As jou Kersboom en ander Kersdekor nog nie op is nie, sit dit op.
- Koop oortrekpapier en geskenkkaartjies.
- Doen iets lekkers vir jouself.
20-24 Desember
- Finaliseer die spyskaart.
- Doen die kosaankope.
- As daar mense by julle kom oorbly, kry die kamers reg.
- Koop die geskenke waarvan jy vergeet het.
- Koop batterye indien nodig vir nuwe speelgoed.
- Besluit op jou uitrusting vir die feestelikhede.
- Maak die huis skoon.
- Stel ‘n musiekspeellys met Kersmusiek op.
- Beplan tafeldekor en wie waar moet sit.
- Draai geskenkies toe en skryf kaartjies uit.
24 Desember en 25 Desember
- Bel geliefdes wat jy nie die dae gaan sien nie.
Maak die kos. - Geniet die dag saam met jou mense.
BRONNE: www.pastelsandmacarons.com