Jy het beslis nie geweet dat Facebook dít vir jou kan doen nie …
Verskeie studies is al oor die impak van sosiale media op die welstand van mense gedoen. Daar is al gekyk of dit mense gelukkiger of depressiewer maak en ook of dit mense verslaaf of afgestomp maak.
‘n Nuwe studie wat onder 12 miljoen Facebook-gebruikers gedoen is, het weliswaar ‘n verbasende voordeel van Facebook uitgelig. Volgens die opname het aktiewe Facebook-gebruikers langer gelewe.
Die navorsingsleiers erken egter dat hierdie navorsings bloot observerend was en nie regtig bewys dat Facebook-gebruik tot ‘n langer lewe kan lei nie … Ons almal weet dat daar verskeie faktore daarby betrokke is.
Die studie toon egter wel dat die gesondheidsvoordele van sterk sosiale verbintenisse beslis dié wat aanlyn is, insluit.
Interaktiwiteit aanlyn lyk asof dit gesond kan wees as die aktiwiteit gematig is en jou “regtige lewe” komplementeer.
As jy egter te veel tyd aanlyn bestee, maar nie regtige gesonde aanlynverbintenisse en aktiwiteit het nie, is daar ‘n negatiewe verband.
Volgens die studie het die Facebook-gebruikers met die grootste sosiale netwerke langer geleef as dié met minder vriende. Die studie stem ooreen met ander studies oor “regte” verhoudings wat bevind het dat mense wat alleen en sosiaal geïsoleerd leef, nie so lank leef as dié wat sterk en gesonde verhoudings met familie en vriende het nie.
BRON: www.cbsnews.com