Kamers/Makers 2017 is die afgelope naweek by die Kasteel in Kaapstad gehou.
Woorde en foto’s: Maryke Roberts
Die Kasteel het weer soos van ouds geleef met stalletjies, verkopers, musiek en die vrolike gelag van die kopers. Tente in die binnehowe het verversings verkoop en gaste kon ontspan met ’n drankie en iets te ete voor hulle weer die gange van die Kasteel bespied het vir mooi ware.
LEES OOK: Druk jou stempel af
Die stalletjies het gewissel van handgemaakte klere, skoene, juweliersware, tot bemagtigingsprojekte waar werklose vroue badkamermatjies hekel.
Kamers/Makers keer ook later vanjaar terug na Irene, Pretoria en Stellenbosch.

Saltare se MCC-stalletjie het die nodige vonkel aan die geleentheid verleen.

Marlese Wallis is die eienaar van Mies skoonheidprodukte. Sy het haar nuutste badskuim in ’n pragtige blikkie by die skou bekend gestel.

Lara Naudé van dismoi in Pretoria was vanjaar vir die eerste maal by Kamers/Makers.

Janine o’Grady van Makietie linne in die Paarl by haar stalletjie.

Klein wyshede by een van die stalletjies.

Nuus van oraloor op die Kamers/Makers kennisgewingbord.
