KAMERS/Makers Stellenbosch 2016 is die afgelope naweek op Anura Vineyards op Simondium tussen Stellenbosch en die Paarl gehou. Meer as 10 000 besoekers het die vyfdag-uitstalling ondersteun.
Die vlaggies tussen die wingerde deur het gaste verwelkom by die verskillende tente wat van handgemaakte klere, oudhede, grimering, lyfroom, kinderspeelgoed en juweliersware verkoop het.
Vir ‘n blaaskans was daar lekker wyne en peuselgoed te koop en gaste kon onder die sambrele ontspan met pragtige uitsigte oor die berge.
KAMERS/Makers Irene 2016 word van 28 November tot 4 Desember in Irene, Pretoria, gehou.
Die verwelkomende vlaggies op Anura Vineyards.
Simon Peters van Houtkappers CT by van sy handgemaakte kinderspeelgoed.
Lourette du Preez van Lapoplap van Stellenbosch.
Andre du Toit, ’n kunstenaar van Porterville, se werke was baie gewild.
Buite kon gaste lekker onder die sambrele ontspan.
Hermien Coetzee (eienaar) van Flowers in the Foyer by Martie Kritzinger.