Die St Joseph’s Marist College in Rondebosch was vanjaar die tuiste van die eerste Kamers/Makers mark en die Kapenaars het omtrent gekoop!
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Maryke Roberts
Meer as 110 kreatiewe Kamers/Makers-uitstallers het hul ware vertoon, terwyl daar idees uitgeruil, geselsies gemaak en op die maat van die musiek gekuier is.
Jy kon tussendeur met ’n glasie wyn of vonkelwyn ontspan, aan iets knaag of koffie drink.
Die res van die jaar toer Kamers/Makers weer na die res van die land en ander stede kan deel wees van die kreatiwiteit. En as die wag steeds nét te lank is, vind die wonder van KAMERS/Makers aanlyn by shop.kamersvol.com dwarsdeur die jaar.