
Dayne en Jacqui Schnetler maak oulike leerskoene onder die handelsmerk Mish Mash en kom van George af. Hul besigheid is in 2014 gestig.
Die tweede laaste KAMERS/Makers vir die jaar is onlangs by Anura Wingerde tussen die Paarl en Stellenbosch gehou
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Maryke Roberts
Ná April se ongeëwenaarde suksesvolle opskiet-vertoonvenster in Johannesburg, is daar in Mei nog ’n KAMERS/Makers in Kaapstad se historiese Kasteel gehou, waar die eerste Mzansi Makers projekte met groot sukses ten toon gestel is.
Mzansi Makers is die nuutgestigde nie-winsgewende organisasie wat talentvolle makers van voorheen benadeelde gemeenskappe betrek en deur mentorskapprogramme ontwikkel, om sodoende ook opkomende kunstenaars by KAMERS/Makers in te sluit. So help die organiseerders nie net hierdie makers om hul vaardighede te verbeter nie, maar gee hulle ook ’n platform om suksevolle kunste-besighede te begin.
Gedurende die afgelople 15 jaar het KAMERS tientalle Makers aan die hoofstroom handelsmark bekendgestel, waar hulle nou volhoubare besighede bedryf. Verskeie het gevestigde name in Suid-Afrika geraak. Vanjaar word hierdie tendens voortgesit met drie makers wat uitvoerkontrakte na Holland, Milan en Florida finaliseer.
Die span sluit 2017 af met ’n gunsteling vir Pretoria en Jozi-aanhangers – KAMERS/Makers Irene, terug by Southdowns College naby Centurion vir die sesde keer.
En as die wag steeds nét te lank is, vind die wonder van KAMERS/Makers aanlyn by shop.kamersvol.com dwarsdeur die jaar.
- KAMERS/Makers 2017 Irene, Pretoria word van 4-10 Desember by Southdowns College gehou. Die gala openingsaandmark ten bate van liefdadigheid word op 4 Desember van 16:00-20:00 gehou en die mark is van 5-10 Desember van 09:00-17:00 daagliks oop. Kaartjies by www.plankton.mobi





