Kamersvol Geskenke het die afgelope naweek die Kasteel in Kaapstad oorgeneem met hul stalletjies met handgemaakte ware, musiek, kos, vonkelwyn en lag.
Maryke Roberts
Die gewilde mark word ook in Stellenbosch, Pretoria en Johannesburg aangebied en is ‘n heerlike inkopieplek en die ideale geleentheid om jou kreatiwiteit ‘n hupstoot te gee.
Daar was stalletjies met outydse blompotte uit die Art Deco-era, fyn juwelierswerk, laserdrukwerk, pragtige klere, lekkerruik produkte wat van natuurlike bestanddele gemaak is, naaldwerk, houtwerk en selfs een stalletjie waar die kunstenaar uit motorwrakke nuwe ornamente maak.
Die Kasteel het Kamersvol Geskenke-koors!
Herman Wallis, Christi Panagio en Duncan Masamba van Short ‘n Curly’s roomys. Dié konsep kom uit Thailand en die roomys word van vars bestanddele voor jou oë gemaak.
Die kreatiwiteit is so aansteeklik, as jy jou fiets te lank iewers los, hekel iemand hom dalk toe!
Sharon Kensley van Wake Up and Dream, met haar pragtige boeke.
Die gesellige binne uitstalruimtes wat in die vierkant van die Kasteel opgerig is, wat jou kan laat aanhou inkopies doen, al is die weer guur!
SOURCES
Clifford Roberts