Die !Naba Kos- en Wynfees, nou in sy derde jaar, is die afgelope naweek op Upington in die Noord-Kaap aangebied.
Maryke Roberts
Dié gourmetfees het kos- en wynfundi’s se voete onder hulle uitgeslaan met die keur uit plaaslike produkte en wyn.
Die !Naba Kos- en Wynfees is die eerste van sy soort en vang die hele wese van die kos- en wyn hart van die omgewing saam. Van die bederf het onder meer ingesluit: plaaslike- en nasionale wyne, craft bier, likeure, groot verskeidenheid kos en kosverwante produkte, kosdemonstrasies deur topsjefs, musiekoptredes, ‘n whisky-, konjak- en sigaarproe en lekker samesyn om die beste van die Groen Kalahari in drie dae in die kollig te plaas.
“Ons beoog om die jaarlikse !Naba Fees een van die grootste geleenthede op die Noord-Kaapse sosiale kalender te maak,” sê feesorganiseerder, Sonja Stolper. En dit bring jou by die vraag: “Wat is ‘n !naba?” Sy verduidelik: “Soms, na ‘n vroeë winterreëntjie in die Kalahari-duine sal daar aan die skadukant van ‘n graspol ‘n krakie in die sand verskyn. As jy weet waarna om te soek sal jy dit kan uitgrawe: die seldsame “!naba” alias Kalahari-truffel!”
Dit smaak soos iets tussen ‘n truffel en ‘n sampioen. Feesgangers kon hulle verlustig in sop, patee en gevriesde !nabas om tuis te gaan berei.
Wim Murray en Lochner de Kock, een van die glanssjefs by die fees.
Elzandri Coetzer en Corné Strauss van Liquormark waar feesgangers onder meer KWV verouderde brandewyne, Cruxland jenewer, craft biere en ander, kon proe.
Die fees is voorwaar ‘n vertoonstuk van die streek se kos, wyn en gulhartigheid.
Pamela de Wet met haar suiwer Kalahari druiwepit-olie, Kai-Uru, wat as slaaisous, marinade en selfs in velsorgprodukte gebruik word.
Amelia Burger van die Protea Hotel op die dorp, het gesorg vir skemerkelkies om die week se stres weg te spoel.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.