Geweld is oral om ons. Ons sien dit op die nuus, in die koerante, op TV, in flieks en selfs in kinderprogramme
Jy kan vandag nie meer ’n koerant oopmaak sonder om aan geweld en misdaad blootgestel te word nie. Dit lei amper tot ’n afgestomptheid by mense. Veral joernaliste kla hoe geweld hulle amper nie meer raak nie; hoe hulle tussen verskillende moorde moet kies wat die nuuswaardigste is … Is mense vandag immuun teen geweld?
TV- en animasieprogramme, musiek en selfs som mige advertensieveldtogte beeld tot ’n mindere of meerdere mate geweld uit, maar volgens kenners lyk dit nie of dit ’n desensitasie-effek op mense het wat in die werklike lewe met geweld of intimidasie te doen het nie. “Die blootstelling aan geweld dra beslis tot gevoelens van vrees, angs, onsekerheid, magteloosheid en hul peloosheid by ’n mens by,” sê Erika Basson, voor ligtingsielkundige van Johannesburg. Sy glo die ge weld in ’n mens se lewe kan tot depressie en onttrek kingsgedrag lei, maak nie saak hoeveel geweld om ons is nie.
ALLEDAAGSE VERSKYNSEL
Omdat daar so sinies oor geweld gepraat word, hetsy in die nuus, koerante of TV-programme, kan ’n mens dink mense in vandag se samelewing het ’n immuniteit teen sulke gebeure opgebou. Maar wanneer hierdie gewelddadige beelde in jou realiteit inbeweeg, word dit skielik nie meer as ’n passie we, abstrakte gebeurtenis ervaar nie.
Om geweld te sien en dit self te ervaar, het verskillende uitwerkings op verskillende mense. Dit maak nie saak hoeveel jy daaraan blootgestel word nie, die effek wat dit op jou het, fisiek en emo sioneel, is onvermydelik en kan selfs jare neem om te verwerk. “Dit is beslis nie makliker om ’n gewelddadige er varing te verwerk bloot omdat ons op so baie vlakke daar aan blootgestel word nie. Geweld is ’n alledaagse ver skynsel en baie mense dink nog ‘dit gebeur net met an der mense’. Beleef hulle egter self ’n gewelddadige er varing, is die skok en trauma baie erg en laat dit fisieke en emosionele letsels,” sê Erika.
Dr Arina Lanser, opvoedkundige sielkundige van Jo hannesburg, meen mense kan ten beste emosioneel ster ker op blootstelling aan geweld voorbereid wees om rede die frekwensie van geweld drasties verhoog het. “Omdat daar gereeld statistiek bekendgestel word, ar tikels in tydskrifte gelees en programme op TV gekyk word wat spesifiek oor geweld handel, nuusbriewe daar oor uitgereik word, waarskuwings gerig word en die publiek aangemoedig word om geweld of misdaad ano niem te rapporteer, berei dit jou in ’n mate op so iets voor. “Tog,” meen sy, “kan die fisiologiese reaksie wanneer ’n persoon self aan trauma blootgestel word, nooit vermin der word deur die feit dat dit baie met ander om hom g ebeur of selfs al met hom persoonlik gebeur het nie. ’n Mens raak nie immuun teen geweld nie,” glo Erika. “Dit word ongelukkig ’n hanteringsmeganisme om dat dit so algemeen gesien word. Dink maar aan kinderstrokiesprente: gewelddadige, aggres sie we gedrag word dikwels uitgebeeld as op los sings vir probleme en kinders leer dat dit aan vaarbaar is. As jy egter self die slagoffer van ge weld is, sal die trauma wat jy ervaar nie minder wees omdat dit algemeen voorkom en jy dit daagliks sien nie.”
GEVOLGE VAN GEWELD
Geweld hou verreikende gevolge vir mense in. “Sensitiewe mense kan só deur die gewelddadige gedrag van ander geïn timideer word dat hulle net opgee en aan daardie persoon se eise voldoen,” ver duide lik Arina.
Dit is egter nie slegs volwassenes wat deur geweld en intimidasie beïnvloed word nie. Die effek wat dit op ’n jong kind kan hê, is veral groot. “Só sal ’n kind wie se kos of snoe piegeld daagliks deur boelies afgevat word, dit later sommer self vir hulle gee en nooit eers aan die onderwysers of ouers noem dat hy aan hierdie trauma blootgestel word nie.” Aan die ander kant kan die blootstelling en ervaring van geweld tot dieselfde geweld dadige, aggressiewe optrede lei, vertel Erika. “’n Kind wat byvoorbeeld fisiek by die huis mishandel word, kan ’n boelie by die skool wees. Die magteloosheid wat hy as ge volg van die geweld by die huis ervaar, lei daartoe dat hy met aggressie teenoor an der optree om ’n gevoel van beheer en mag te ervaar.” Kinders kan ook na vorige ont wikkelings fases teruggaan, vertel Erika en Arina. “Hulle sal weer begin bed natmaak, babataal praat of duim suig. Hul slaap- en eetpatrone kan ook verander.”
Posttraumatiese stres versteu ring is ook ’n algemene simptoom onder slag offers van geweld. Arina meld ook die volgende gedragspa trone: “Kinders se skoolwerk kan agteruit gaan en hul konsentrasievermoë kan aan sien lik afneem. Hulle kan in depressie verval en in uitsonderlike gevalle kan dit selfs ’n eks treme fisiologiese reaksie tot gevolg hê soos die ontwikkeling van diabetes.” Arina onderskei tussen twee soorte ge weld: moord, gewapende roof, kapings, pad woede en dies meer wat volwassenes en kinders verskillend beïnvloed en geweld wat in die media, veral in flieks en op TV uit gebeeld word. “Al hoe meer kinders begin ‘ge weld da digheid’ nadoen en ook in verhoudings uitspeel en uitleef. ’n Kind met ’n swak selfbeeld wat ontoereikend voel wat sy skoolwerk be tref en wat ook gereeld aan geweld op TV en in TV-speletjies blootgestel word, be gin in sy interpersoonlike verhoudings do mineer en raak selfs gewelddadig om aan vaarding te kry,” vertel Arina.
Opstandigheid teen gesagsfigure, soos ouers en onderwysers, volg en in eks treme gevalle kan ouer kinders hul ge welddadige gedrag voortsit en selfs ge wapend by die skool rondloop of by ben des aansluit waar hulle dan ander sal in timideer of aanrand. “Dit kan die resultaat en reaksie wees van die kind ná blootstelling aan een of al bei van die soorte geweld.” Volwassenes toon simptome van hul eie. “Die simptome is onder meer de pressie, angstigheid en agterdogtigheid. Hulle leef in vrees vir herhaling van ’n voorval, ont trek hulself aan hul sosiale lewe en ver houdings en hul interpersoonlike verhoudings en huwelike lei uiteindelik daaron der. Hulle kan sinies, krities en negatief raak,” sê Arina.
HELP JOU KIND
Kinders, veral jong kinders, is baie beïnvloedbaar en hulle moet dus gehelp word om sekere gedrag te verstaan en tussen soorte gedrag te kan onderskei. Erika gee riglyne hoe jy jou kind kan help om tussen geweld in die realiteit en uitgebeelde geweld te onderskei.
1 Moenie geweld met geweld regstel nie. Jou kind moet leer dat dit nie die oplossing is nie.
2 Leer jou kind om gesonde dissipline en reëls te respekteer. “Ek was geskok om te hoor van ’n vyfjarige kind wat sy kleuterskoolhoof gedreig het om die skool op te blaas as hy gestraf sou word,” sê Erika.
3 Dra positiewe gedrag aan jou kinders oor. Hulle leer aan wat hulle sien en hoor.
4 Leer jou kind van kleins af die belangrikheid van goeie kommunikasievaardighede.
5 Kyk saam met jou kinders TV en leer hulle om tussen realiteit en fantasie te onderskei.
6 Praat met jou kind oor geweld en moedig ’n vertrouensverhouding by veral tieners aan.
7 Leer jou kinders die verskil tussen geweld en konflikhantering.
8 Moenie jou kind ’n pak slae gee as jy baie kwaad is nie. Jy vererger net dinge. Jou woede word in jou kind “ingeslaan” en laat jou en hom gefrustreerd. Praat met jou kind ná ’n pak slae sodat hy verstaan wat hy verkeerd gedoen het. “Leer jou kinders die basiese reëls oor se kuri teit, om paraat te wees en ook wat om nie in so situasie te doen nie,” voeg Arina by. “Moet egter nie ‘te veel’ inligting aan jou kinders oordra nie, want dit kan juis ’n probleem skep. Soms is kinders bloot te jonk om iets te hanteer.
Ouers skep ook onwetend vrese by hul kinders deur oorversigtig te wees wat sekuriteit in en om die huis en vreemdelinge betref. Só kan ’n ouer se vrese op die kind oorgedra word.”
FASES VAN TRAUMA
’n Persoon wat aan geweld blootgestel word, moet vir seker berading en terapie ontvang, glo Arina. Daar is hulp beskikbaar. “So ’n persoon moet weet wat die fases van trauma is,” glo sy, “naamlik skok of ontkenning, hartseer, woede en dan eers aanvaarding. Hy moet weet watter emosies hy dus mag of gaan ervaar, watter tipiese reaksies daar gaan wees, wat normaal en menslik is en dat dit tyd gaan neem om die skok te verwerk.” Kennis maak dit vir so iemand makliker om ’n trau matiese ervaring op ’n gesonde manier te verwerk. Vk
GESINSGEWELD
Geweld binne die gesin kan volwassenes en kinders se alledaagse lewe negatief be ïnvloed. Ook in dié geval berei die al le daagse beelde van geweld jou nie op die persoonlike ervaring daarvan voor nie. “Hierdie mense kan angstig, stil en on se ker in die gemeenskap optree. Hulle mag hul self van nabye, intieme verhoudings weerhou omdat hulle die geweld in die gesin geheim wil hou,” sê Erika. “Hierdie mense se selfbeeld is gewoonlik so afgebreek, dat hulle voel hulle het iets ver keerd gedoen of dat hulle die slegte be handeling verdien. Die geweld wat met motorkapings, gewapende rooftogte, dief stal, verkragting en moord gepaardgaan kan so ’n vrees na vore laat kom dat dit hul nor male funksionering en lewensgehalte beperk. Hulle sal byvoorbeeld nie meer parkie toe gaan, saans uitgaan of die graf van ’n geliefde besoek nie.”
Erika vertel baie mense is as gevolg van gewelddadige voorvalle wat hulle beleef het op slaappille en antidepressante. “Dit is skrikwekkend.”
Erika Bason, voorligtingsielkundige – 082 573 4636 Arina Lanser, opvoedkundige sielkundige – 083 266 9575