Het jy liefde ontdek op die internet en glo dat hy die een vir jou is. Lees gerus dié week meer in Vrouekeur oor afspraak-webwerwe, die moets en moenies en hoe om jouself te beveilig.
Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy ‘n slagoffer van romantiese swendelary is:
- Het jy die afgelope ses maande tyd op ‘n afspraak-webwerf of sosiale netwerk deurgebring?
- Het ‘n persoon onmiddellik op jou verlief geraak?
- Wil die persoon dadelik dmv e-pos of selfoon kommunikeer?
- Gee die persoon voor dat hy ‘n oorsese kontrak vir werk het?
- Wil hy graag kom kuier, maar word deur een of ander krisis of problem verhinder?
- Het hy jou vir geld gevra of om ‘n tjek te deponeer?
- Het die persoon geen ander familie of vriende wat hom kan help nie?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, dan moet jy uiters versigtig wees! Die kans is groot dat jy die slagoffer van ‘n slenter is. Moet onder geen omstandighede geld gee nie!
Bykomende bron: www.romancescams.org