Depressie is deesdae baie algemeen. Tog weet nie baie mense dat aangeleerde hulpeloosheid ‘n bykomende oorsaak van die siekte kan wees nie. Lees gerus meer in dié week se uitgawe van Vrouekeur oor depressie en aangeleerde hulpeloosheid. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jy ‘n slagoffer van aangeleerde hulpeloosheid is:
1) Is jy vasgevang in omstandighede waar jy geen uitkoms sien nie?
2) Voel dit vir jou asof alles hopeloos is?
3) Glo jy dat niks goeds ooit met jou gebeur nie?
4) Glo jy dat jy nie beheer oor jou omstandighede het nie?
5) Glo jy dat die toekoms net slegte dinge inhou?
6) Glo jy dat jy nie beheer oor jou lot het nie?
7) Sien jy eerder die slegte as die goeie in ‘n situasie?
8) Is of was jy ‘n slagoffer van mishandeling?
9) Is jou denkpatrone oor die algemeen negatief?
10) Sien jy die glas as halfleeg, eerder as halfvol?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meestal “ja” is, is jy dalk ‘n slagoffer van aangeleerde hulpeloosheid. ‘n Terapeut mag moontlik die antwoord op jou probleem wees. Oorweeg dit gerus. Onthou, net jy kan iets aan jou situasie doen. Dis tyd om op te tree. Help jouself!