Was jy al bekommerd oor jou aanlynprofiel? Lees gerus die artikel oor jou digitale voetspoor in dié week se uitgawe van Vrouekeur. Leer meer oor jou aanlynprofiel, hoe om dit te bestuur en wat om nie te doen nie. Voltooi die onderstaande vraelys om uit te vind of jy op Facebook aandag soek:
- Dateer jy jou Facebook-profiel meer as een keer ‘n dag op?
- Plaas jy gedurig nuwe foto’s van jouself op Facebook?
- Het jy ‘n horde vriende eerder as ‘n paar gehaltevriende op Facebook?
- Stort jy jou hele hart en al jou persoonlike sake op Facebook uit?
- Probeer jy aandag trek deur konstant grappe op Facebook te plaas?
- Vra jy gedurig mense om van jou blad te hou?
- Neem jy aan debatte deel deur omstrede uitsprake te maak sodat almal jou kan raaksien?
- Kies jy vreemdes as vriende?
- Deel jy elke aspek van jou lewe op Facebook?
- Bestee jy al jou vrye tyd op Facebook?