Voel dit vir jou asof sekere mense jou dreineer? Is jy vasgevang in ‘n verhouding waar jy afgebreek word? Dan is jy dalk vasgevang in ‘n vriendskap of verhouding met ‘n emosionele vampier
Lees gerus in die week se uitgawe van Vrouekeur oor emosionele vampiere en hoe om hulle te hanteer. Voltooi die onderstaande vraelys om uit te vind of jy vasgevang is in ‘n verhouding met ‘n verhouding met ‘n emosionele vampier:
1) Put die persoon jou uit?
2) Voel jy sleg oor jouself nadat jy tyd saam met die persoon deurgebring het?
3) Maak die persoon jou herhaaldelik seer?
4) Voel jy verward en deurmekaar oor die persoon se gedrag?
5) Wantrou jy die persoon?
6) Veroorsaak die persoon konflik in jou lewe en verhoudings?
7) Kritiseer die persoon jou herhaaldelik?
8) Wil die persoon iets van jou hê wat jy nie kan gee nie?
9) Mishandel die persoon jou fisiek?
10) Word jy geïsoleer van familie en vriende?
As jou antwoorde op bg. vrae meesal “ja” is, is jy moontlik ‘n slagoffer van emosionele vampirisme. Praat met iemand of kry professionele hulp!