Het jy al ooit konflik in ‘n verhouding met familie vriende of die werk beleef?
Het jy al ooit konflik in ‘n verhouding met familie vriende of die werk beleef? Lees gerus meer in dié week se uitgawe van Vrouekeur oor konflik en hoe om dit te hanteer. Beantwoord die onderstaande vraelys om uit te vind of jou verhouding met ‘n vriend of vriendin onherstelbaar beskadig is:
- Voel jy asof jy jou vriendin nooit weer sal kan vertrou nie?
- Is dit onmoontlik om die kwessie waaroor julle verskil, te bespreek?
- Sukkel jy om jou gevoelens teenoor jou vriendin te verwoord?
- Is jou vriendin onwillig om na jou kant van die saak te luister?
- Is dit onmoontlik om ‘n kompromis te bereik?
- Gaan alles net oor jou vriendin se behoeftes?
- Ontaard elke situasie waar julle die saak wil bespreek in ‘n emosioneel gelaaide situasie?
- Is die prys om voort te gaan met die vriendskap hoër as die prys om dit te beëindig?
- Is die situasie wat konflik veroorsaak hopeloos?
- Ontaard elke situasie waar julle die saak wil bespreek in oor-en-weer-beskuldigings?
- Is dit onmoontlik om kalm en beredeneerd te gesels?
- Ly een van julle aan stilstuipe en is daar ‘n totale gebrek aan kommunikasie tussen julle?
As jou antwoord op bogenoemde vrae meesal “ja” is, is jul vriendskap moontlik onherstelbaar beskadig. Vra jouself af of jul vriendskap die emosionele prys wat jy moet betaal werd is. Onthou: Jy moet ter wille van jou eie emosionele welsyn goed wees vir jouself.