Al ooit gewonder hoekom mense by prostitusie betrokke raak? Die antwoord is mensehandel, ‘n moderne vorm van slawerny. Lees gerus in dié week se Vrouekeur meer oor die euwel en hoe om dit te beveg.
Slagoffers word veral op die volgende maniere in die hande gekry:
- Direkte kontak met die persoon of sy of haar familie en vriende.
- ‘n Agent kan mense werf deur voor te gee hulle stel in ‘n romantiese verhouding belang.
- Misleidende advertensies wat werksgeleenthede beloof.
- Kontak op die internet.
- Ontvoering.
- Slagoffers kan gedwing word om saam te werk.
- Afpersing.
- Geweld en emosionele mishandeling.
- Slawerny.
Slagoffers word letterlik oral in die hande gekry, vanaf klein dorpies tot groot stede. Voorbeelde sluit in nagklubs, modelagentskappe, restaurante, masseersalonne, hospitale, skuilings, privaat wonings, die internet en konstruksiegebiede. Mensehandel vind op plaaslike en internasionale vlak plaas. Op internasionale vlak word slagoffers deur middel van vliegtuie, skepe, treine, ensovoorts vervoer. Daar word van vals dokumente gebruik gemaak, wat normaalweg by aankoms gekonfiskeer word. Slagoffers word geïsoleer of by onwettige bedrywighede betrek en aan fisieke en seksuele mishandeling en misbruik blootgestel. Hulle word dan as sekswerkers gebruik of gedwing om in fabrieke, restaurante of landerye te werk.