Die skou waar jy alles oor dekor, ontwerp, leefstyl en selfdoen kan leer
Deur MARYKE ROBERTS
Foto’s Clifford Roberts
Die Kaapstade-been van die HOMEMAKERS Expo is onlangs in die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum gehou en het meer as 29 000 besoekers gelok.
Die algehele wenner van die beste stalletjie was Shutters.Click, en die beste stalletjie in die fokus-areas is aan Adriaan Lochner Interiors (INTERIOR spaces), Luna C (truly ARTISAN) en Sweet Temptations Toffees (d’VINE life) toegeken.
Goue medaljes is toegeken aan Shutters.Click, Plantation Shutters, Eva-last, Unfold, Signi Fires, Alucut, Tony Sandell Roof Windows, Woodenways, Patio Warehouse en Leafy Tech, terwyl die beste klein stalletjie toegeken is aan Trestle South Africa.
Die oulike for the love of CONCRETE Design and Art-kompetisie het ’n mooi bedrag vir DARG (Domestic Animal Rescue Group) ingesamel.
Met waterbeperkings, stygende water- en elektrisiteitskostes aan die orde van die dag was oulike idees hoe om water te bespaar, met waterwysplante tuin te maak, sonkrag te gebruik en huise beter te isoleer, baie gewild. Die verskeie areas waar selfdoen werkswinkels aangebied is, was altyd stampvol.