Daar is ‘n rede hoekom jy nie al die kolletjies terselfdertyd kan sien nie.
Die optiese illusie is eintlik net Ninio’s extinction illusion. Die rooster bevat 12 swart kolletjies. Dit is byna onmoontlik om alles op een slag te sien behalwe as jy ‘n kopseer wil hê!
Dié illusie is deur Jacques Ninio, ‘n bioloog wat in visuele persepsie spesialiseer, ontwikkel en het die bekende “Hermann grid illusion” aangepas. Speletjiesontwikkelaar Will Kerslake het dit op Sondag op Twitter gedeel en dit het blitsvinnig een van die gewildste plasings op die webwerf Reddit geword.
There are twelve black dots at the intersections in this image. Your brain won’t let you see them all at once. pic.twitter.com/ig6P980LOT
— Will Kerslake (@wkerslake) September 11, 2016
Soos Ninio in ‘n wetenskaplike publikasie die illusie verduidelik: “Wanneer die wit blokkies in ‘n flikkerende rooster kleiner word en in swart omlyn is, neig dit om te verdwyn. ‘n Mens sien net ‘n paar van dit op ‘n slag. Wanneer dit nie gesien word nie, blyk die grys areas aaneenlopend omdat dit grys oorgange skep wat nie eintlik bestaan nie. Die illusie werk omgekeerd.”