Nespresso is daartoe verbind om die omgewing te verbeter. Volgens Nespresso moet die koffie-ervaring ‘n plesier wees, maar dit moet ook met ‘n skoon gewete geniet word.
DEUR: Dané de Klerk
Dié herwinningsinisiatief – wat ‘n eerste in Suid-Afrika is, wys hul volgehoue toewyding tot volhoubaarheid en om positiewe impak op die omgewing te hê. Met die ondersteuning van hul plaaslike vennoot Oricol, is daar ‘n proses geskep wat ‘n tweede lewe aan die kapsules en gebruikte koffiepoeier gee.
Al wat Nespresso-lede moet doen, is om die gebruikte kapsules na hul naaste Nespresso Boutique te neem, waarvandaan dit dan na hul herwinningsvennoot, Orical , sal gaan sodat die koffiepoeier en aluminium van mekaar vir herwinning geskei sal word.
Wat gebeur met ‘n Nespresso-kapsule?
- Wanneer Nespresso-kapsules gekoop word, kry ‘n mens ‘n herwinningsakkie. Gebruik die sakkie vir gebruikte kapsules. Wanneer die sakkie vol is, neem dit na die naaste Nespresso-boetiek vir herwinning.
- Gebruikte kapsules word opgelaai en by hul herwinningsvennoot, Oricol afgelewer.
- Die kapsules word op ‘n vervoerband na ‘n skuur- en snippermasjien vervoer.
- Die kapsules word dan in ‘n skudmasjien laat val, wat die koffie van die aluminium skei en verseker dat geen byprodukte gemors word nie.
- Die koffie-afsaksel word dan na die Universiteit van die Witwatersrand gestuur waar dit vir “vermicomposting” (die proses van kompos, deur verskillende wurms te gebruik). Die Eiseni fetida-wurm (ook bekend as die “red wiggler”) word gevoed deur die koffiepoeier en verskaf ryk komposvoedingstowwe. Die komposmateriaal, wat ryk is in voedingstowwe, produseer die ideale kunsmis vir groentetuine.
- Die aluminiumkapsules word herwin om nuwe aluminium-produkte te maak soos blikkies, foelie, ens.
Besoek www.nespresso.com vir meer inligting