Harbour House Restaurant in die V&A Waterfront in Kaapstad vier vanjaar sy sesde verjaardag en gryp die koeler herfsdae met lang kuiers op die boonste houtdek aan
Deur Maryke Roberts
Foto’s Clifford Roberts
Gaste kan oor die werkende hawe uitkyk, terwyl hulle aan soesji peusel en mengeldrankies teug of van die nuwe nuwe klein bordjie-spyskaart, wat pas bekend gestel is, bestel. Sodoende kan gaste iets van alles op die spyskaart proe en verskillende wyne van die spyskaart daarmee pasmaat.
Vir ’n meer formele eetervaring, is die onderste gedeelte van die restaurant die ideale keuse, waar jy voor die kaggelvuur kan ontspan of tussen inkopies of ’n rit op die groot wiel in die Waterfront, kan gaan rus.
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.