Die Good Food and Wine Show is onlangs in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gehou. Daar was kosdemonstrasies, nuwighede wat die lewe in die kombuis kan vergemaklik, lekkerbek-plekke om aan te smul en praatjies deur bekende sjefs.
Maryke Roberts
Gaste kon ook saam met sjefs soos Jenny Morris, self hul hand aan die kospotte waag en so stap vir stap die geheime van daardie perfekte risotto, beeshaas of kapokaartappels ontdek.
Die wynplase het hul nuutste oesjare gedeel, nuwe jenewer, brandewyn en ander drankies is bekendgestel en daar is vir drie dae lank gekuier, geeët en gedrink.
Kurt Darren en vroulief Dunay Nortjé kuier by die skou
Die Kaapse Koekversiergilde het die oë laat rek met hul prag-koeke.
Jenny Morris verduidelik aan ’n groep skougangers hoe om hul geregte sjef-perfek te kry.
Al meer mense kweek hul eie groente en kruie tuis. Hier kon jy in die konferensiesentrum tussen die welriekende plante sit en asemskep met ’n lekker varsgebroude koffie.
Sjef Lapo Magni van Lapo’s Kitchen gesels by die Chef’s Table en vertel hoe jy daardie magiese souse maak.
SOURCES
Clifford Roberts
Maryke is ’n ervare joernalis, wat haar liefde vir reis, mense, boeke, teater en lekker kos en wyn, op hierdie manier kan uitleef. Sy was al op elke uithoek van die aardbol – bo die wolke; in ’n lugballon; onder die water in ’n duikboot en onder die grond in tonnels – en gaan nêrens sonder haar reisgenoot, eggenoot en mede-joernalis, Clifford nie. Sy glo die lewe is te kort vir slegte koffie.