Loer hier na die video van ‘n massiewe stuk rots wat astronome glo die tweede grootste ontdekte meteoriet in die wêreld kan wees
Astronome in Argentinië glo dat hulle ‘n meteoriet van ongeveer 30 ton uitgegrawe het. Dit sal die tweede grootste meteoriet wees wat al op die aarde gevind is.
Die meteoriet is volgens die webwerwe www.telegraph.co.uk en www.news.com.au op 10 September 2016 in die dorpie Gancedo gevind.
Toetse sal nou gedoen word om te bepaal of dit wel ‘n meteoriet is. Campo del Cielo het glo omtrent ‘n reën van meteoriete ongeveer 4 000 jaar gelede beleef.
Het jy geweet?
Die wêreld se grootste ontdekte meteoriet is al donkiejare gelede in Namibië gevind. Die meteoriet Hoba het meer as 60 ton geweeg en is deur ‘n boer ontdek.
[iframe frameborder=”0″ allowfullscreen=”” src=”//players.brightcove.net/1942203455001/NJbIeMjKg_default/index.html?videoId=5123508606001″]