Eiers was jare lank die sondebok vir baie van ons gesondheidsprobleme, maar intussen is vasgestel dat dit inderdaad goed is vir jou
Christa Swanepoel
Interessante feite oor eiers
- Bruin teenoor wit doppe – Die kleur van die dop het nie regtig iets met die voedingswaarde van die eier te make nie, maar het eerder met die soort hen wat die eier gelê het. Henne met wit vere neig om eiers met wit doppe te lê en henne met rooi vere, lê weer eerder eiers met bruin doppe.
- Wat beteken die kleur van die eiergeel? Die kleur (skakering van die geel) het met die hen se dieet te make en nie met die voedingswaarde nie. As die eiergeel donker is, het die hen waarskynlik meer groen groente geëet. ‘n Medium kleur geel dui weer op ‘n dieet van mielies en alfalfa terwyl ‘n ligte kleur geel op ‘n dieet van koring en gars dui.
- Lang raklewe – Eiers kom eerder met ‘n “verkoop teen”-datum eerder as ‘n vervaldatum. Die eiers behoort tussen drie tot vier weke na dié datums steeds eetbaar te wees.
- Hoekom broei eiers nie uit nie? – Die hen moet met ‘n haan paar om die eier te bevrug. Die eiers wat ons in die winkels kry, is dus eiers wat deur henne gelê is wat nie deur ‘n haan bevrug is nie.
- Die grootste eier wat nog deur ‘n hen gelê is was deur Harriet gelê in 2010 en was ‘n reuse 23,114 cm in omtrek.