Met FitChef kan jy in ’n japtrap ’n gesonde bord kos gereed hê.
Wanneer jy ná ’n lang dag tuiskom, geniet kosmaak baie keer nie die prioriteit wat dit moet nie. Veral nie gesonde kos wat moeite verg nie. FitChef is ’n reeks bevrore, klaar gemaakte etes vir mense wat gesond wil eet, maar nie altyd die tyd het nie.
FitChef se reeks sluit gehalte- voorbereide etes, gladdejantjies (smoothies), versnaperings en aanvullings in wat by jou huis afgelewer word. Om te verseker dat elke dis vullend en smaakvol is, gebruik FitChef vars, natuurlike produkte.
FitChef se produkte is vry van preserveermiddels, kleurstowwe, bymiddels, verwerkte bestanddele, suiker en verwerkte sout. Hulle gebruik boonop slegs vleis wat kom van diere wat op gras of natuurlik gevoed is en vry is van hormone en roetine-antibiotikums.
Daarom is dié disse ideaal vir mense wat ’n gesonde en aktiewe lewenstyl wil handhaaf ten spyte van ’n druk program.
Meer inligting
• Bestel FitChef se disse op die FitChef-webwerf.
• FitChef is beskikbaar in Gauteng, die Wes-Kaap, Mpumalanga, Noordwes, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.