Ons finansiesghoeroe Nico Swart gee elke maand raad en hierdie week fokus hy op jou testament
Adri besit verskeie plase in die Oos-Vrystaat. Sy het twee kinders en drie kleinkinders. Ná die dood van haar man moes sy beheer oor al hul sake neem. Haar prokureur het haar reeds verskeie kere versoek om aan die beplanning van haar boedel asook dié van haar kinders aandag te skenk. Sy soek raad oor wat sy en die kinders moet doen en hoe om haar vir die afspraak met die prokureur voor te berei. Ons kyk hoe ons haar kan help.
Dis WAT DIT IS
Jou boedel is die naam wat die wet vir al jou besittings gee, wat in geldwaarde uitgedruk kan word. Al jou bates en laste vorm dus jou boedel. Boedelbeplanning (vir klein sowel as groot boedels) verwys na beplanning vir die oordrag van jou boedel ná jou dood aan jou erfgename. Jou erfgename kan mense, organisasies of regspersone wees (maatskappye en trusts).
Volg dié ses stappe
1.BEPAAL JOU BATES Jy moet eerstens al die verskillende bates in jou boedel identifiseer en ’n markwaarde daarvoor bepaal. n Maak ’n lys van al jou bates (meubels, huishoudelike toebehore, voertuie, implemente, geboue, plase, vee, ondernemings, pensioenfondse, polisse, beleggings). Vra jou boekhouer om jou te help. n Bepaal die waarde daarvan. Jy moet ’n realistiese markwaarde vir elke bate bepaal, of dit met die hulp van ’n eiendomswaardeerder, boekhouer of prokureur laat bepaal. Gebruik jou finansiële state, korttermynversekeringskontrak en poliskontrakte om te help. Die totale waarde van al jou besittings (jou boedel) word die bruto waarde van jou boedel genoem.
2. BEPAAL JOU LASTE Nou moet jy jou skuld lys en die waarde daarvan bepaal. Jy moet ook die koste wat ná jou dood ontstaan tydens die bereddering (afhandeling) van jou boedel hierby tel. n Maak ’n lys van al jou rekenings, lenings en verbande. Gebruik jou finansiële jaarstate en huishoudelike begroting as riglyne. n Bepaal die waarde van jou laste. Die totale waarde van al jou laste moet nou van die bruto waarde van jou boedel afgetrek word om die netto waarde te bepaal. Sou jou boedel se netto waarde meer as R3,5 miljoen beloop, betaal jy boedelbelasting op die bedrag teen ’n koers van 20%. Vir elke miljoen rand bó hierdie bedrag (korting) betaal jy dus R200 000. Net so moet jy byvoorbeeld kapitaalwinsbelasting vir die groei in die waarde van sekere bates, byvoorbeeld beleggings, vaste eiendom of plase, betaal. Jy moet ook eksekuteurskoste teen 3,5% van die bruto waarde van jou boedel betaal. Die eksekuteur is die persoon, finansiële instelling of versekeringsmaatskappy wat jy in jou testament aanstel om jou boedel te beredder (volgens wetsbepalings af te handel). Vir elke R1 miljoen betaal jy dus R35 000 aan die eksekuteur. Daar moet ook geld aan die meester van die hooggeregshof betaal word vir die goedkeuring van jou finale boedelrekeninge soos deur die eksekuteur opgestel. Daar is ook advertensiekoste om in die plaaslike en staatskoerant te adverteer dat jy dood is en dat alle skuldeisers teen jou boedel moet eis. Die oordrag van vaste eiendom en plase na erfgename het talle koste-implikasies tot gevolg. Daar is byvoorbeeld hereregte en oordrag-, seël-, eiendomswaardering- en verbandkansellasiekoste. Al hierdie koste gaan ná jou dood ontstaan, bo en behalwe jou uitstaande boedelskuld (rekenings, lenings en verbande) wat ook betaal moet word. Likiditeit moet ook bepaal word. Dit beteken jou vermoë om sowel jou uitstaande skuld as die laasgenoemde koste wat by jou dood ontstaan, te kan betaal. Jy moet dus likiede middele soos kontant, beleggings en lewenspolisse hê om al dié kostes ná jou dood te kan betaal.
3. STEL DOELWITTE Jou boedeldoelwitte moet veral die versorging van afhanklikes vooropstel. Die belangrikste doelwitte is: die beskerming van jou bates; die oordrag van jou boedel teen die laagste koste; en die voorsiening van voldoende likiede middele om jou boedel te kan oordra.
Identifiseer jou erfgename Elke boedeleienaar moet vooraf besluit wie moet erf, soos kinders, kleinkinders, familie, vriende en organisasies.
BEPAAL JOU LASTE Nou moet jy jou skuld lys en die waarde daarvan bepaal. Jy moet ook die koste wat ná jou dood ontstaan tydens die bereddering (afhandeling) van jou boedel hierby tel. n Maak ’n lys van al jou rekenings, lenings en verbande. Gebruik jou finansiële jaarstate en huishoudelike begroting as riglyne. n Bepaal die waarde van jou laste. Die totale waarde van al jou laste moet nou van die bruto waarde van jou boedel afgetrek word om die netto waarde te bepaal. Sou jou boedel se netto waarde meer as R3,5 miljoen beloop, betaal jy boedelbelasting op die bedrag teen ’n koers van 20%. Vir elke miljoen rand bó hierdie bedrag (korting) betaal jy dus R200 000. Net so moet jy byvoorbeeld kapitaalwinsbelasting vir die groei in die waarde van sekere bates, byvoorbeeld beleggings, vaste eiendom of plase, betaal. Jy moet ook eksekuteurskoste teen 3,5% van die bruto waarde van jou boedel betaal. Die eksekuteur is die persoon, finansiële instelling of versekeringsmaatskappy wat jy in jou testament aanstel om jou boedel te beredder (volgens wetsbepalings af te handel). Vir elke R1 miljoen betaal jy dus R35 000 aan die eksekuteur. Daar moet ook geld aan die meester van die hooggeregshof betaal word vir die goedkeuring van jou finale boedelrekeninge soos deur die eksekuteur opgestel. Daar is ook advertensiekoste om in die plaaslike en staatskoerant te adverteer dat jy dood is en dat alle skuldeisers teen jou boedel moet eis. Die oordrag van vaste eiendom en plase na erfgename het talle koste-implikasies tot gevolg. Daar is byvoorbeeld hereregte en oordrag-, seël-, eiendomswaardering- en verbandkansellasiekoste. Al hierdie koste gaan ná jou dood ontstaan, bo en behalwe jou uitstaande boedelskuld (rekenings, lenings en verbande) wat ook betaal moet word. Likiditeit moet ook bepaal word. Dit beteken jou vermoë om sowel jou uitstaande skuld as die laasgenoemde koste wat by jou dood ontstaan, te kan betaal. Jy moet dus likiede middele soos kontant, beleggings en lewenspolisse hê om al dié kostes ná jou dood te kan betaal.
Bepaal wat elkeen moet erf Ken ’n bepaalde bedrag, belegging of vaste eiendom aan elke erfgenaam toe. Sou daar byvoorbeeld een eiendom of onderneming wees en drie erfgename, moet die eiendom verkoop en die geld in drie verdeel word of ’n trust gestig word.
Besluit wie die bates moet beheer Iemand met die nodige kennis moet byvoorbeeld die familie-onderneming of vaste eiendomme bestuur.
4. KIES DIE TEGNIEKE Daar bestaan verskeie tegnieke wat jy kan gebruik om jou boedelprobleme te help oplos. Verskeie professionele mense kan geraadpleeg word om die mees geskikte tegnieke vir jou boedelsituasie te kies.
Kies jou beplanners Kies byvoorbeeld ’n makelaar vir beleggings, prokureur vir regsaspekte, geoktrooieerde rekenmeester/ ouditeur vir inkomstebelasting en ’n ervare waardeerder of eiendomskonsultant vir vaste eiendom/plase.
Bepaal beskikbare tegnieke Daar is verskeie tegnieke.
Kom ons kyk na twee:
1 Die trust inter vivos. ’n Trust is ’n regspersoon net soos ’n maatskappy. Sou jy ’n trust stig terwyl jy nog leef, word dit ’n trust inter vivos genoem. Jy kan byvoorbeeld ’n vaste eiendom of ’n onderneming in ’n trust plaas (onthou die koste) en dit vir ’n erfgenaam bestuur. Jy het dus ná jou dood geen koste in dié verband nie.
2 Testamentêre tegnieke. Jy kan ’n nuwe testament opstel; jy kan ook ’n testamentêre trust in jou testament skep wat ná jou dood deur die eksekuteur opgerig sal word; jy kan die plaas/ woonhuis aan die een kind bemaak en die inkomste vanuit ’n onderneming (die vruggebruik) aan die ander; of stig ’n maatskappy en bemaak die gewone aandele aan die kinders sodat die onderneming in hul naam groei. Nadat jy die tegnieke met die hulp van beplanners ontleed het, moet jy die mees geskikte tegnieke vir jou boedel kies. Jy kan byvoorbeeld besluit om jou testament te verander, ’n groot lewenspolis uit te neem en ’n trust ná jou dood op te rig.
5. IMPLEMENTEER JOU BOEDELPLAN Tydens hierdie stap moet jy die tegnieke waarop jy in die vorige stap besluit het, in werking stel. Stel dokumente op Jy moet na die prokureur gaan en ’n testament laat opstel waarin aangedui word dat jy ’n bepaalde tipe trust ná jou dood wil oprig. Verder moet jy jou makelaar raadpleeg en ’n lewenspolis vir ’n bepaalde bedrag uitneem, byvoorbeeld R4 miljoen.
Stel erfgename in kennis Dis jou keuse, maar pasop vir konflik tussen erfgename oor jou boedelplanne tot en met jou dood, asook daarna.
6. HERSIEN JOU PLAN Boedelbeplanning is ’n deurlopende proses. Sodra enige aspekte rondom jou boedel verander, moet jou boedelbeplanning daarvolgens aangepas word. Die volgende gebeure verg die hersiening van jou boedelplan: ’n nuwe baba; egskeiding (jyself of jou kinders/ kleinkinders); nuwe beleggings; jy koop of verkoop vaste eiendom; jy koop vee of implemente; die dood van ’n erfgenaam; of jy trou weer. Hierna begin jy elke keer weer by stap een en volg al die stappe tot by stap ses.
Besoek www.moneyskills.co.za vir meer inligting Vk