Benewens die klasieke blomme en sjokolade het ons voorstelle van betekenisvolle geskenk-idees om jou uit te help vir die komende Valentynsdag.
Afhangende van jou persoonlikheid, Valentynsdag is ‘n siniese bemarkingsfoefie of ‘n geleentheid om jouself te bewys as die “Don Juan de Marco” – die wêreld se grootste minnaar. Of jy nou dink dit is ‘n komersiële fiasko of net ‘n sentimentele vakansiedag, dit kan nie skadelik wees om vir iemand ‘n bietjie liefde te betoon hierdie Valentynsdag nie – en iemand mag dit dalk verwag.
In die Verenigde State alleen word meer as $13miljoen gespandeer op geskenke, 180miljoen kaartjies word gedeel en ongeveer 2miljoen rose word geproduseer vir Valentynsdag elke jaar.
Indien jy dink jy hoef nie ‘n geskenk vir jou geliefde te gee nie, hou ingedagte dat 50% van dames wat onlangs ondervra is in ‘n opname aangedui het dat hul hulle verhoudings sal bëindig sou hulle nie ‘n geskenk kry nie.
Wat jy ookal gee, maak seker dat die geskenk ‘n duidelike boodskap oordra.
Wys hulle jy gee aandag:
Daar is wynig beter geskenke as om te weet dat jou metgesel werklik aandag aan jou gee. Wys hulle dat jy werklik omgee oor hul voorkeure en belangstellings. Wys hulle dat jy oplet op die dinge waarvoor hulle lief is. Of dit nou ‘n gunsteling sjokolade is of ontbyt in die bed waarvoor hul geskimp het, of hulle neem na ‘n plek waar hul graag wou heengaan, wys jy dat jy omgee en dan is die stryd half gewonne.
Deel ‘n Ervaring:
Om herinneringe saam te maak sal enige verhouding verstek en mooi stories maak vir baie jare vorentoe. In plek van duur geskenke, hoekom nie ‘n goeie ervaring nie? Gaan vir ‘ n uitstappie of ‘n kort motor rit na ‘n mooi plek of ‘n piekniekterrein of gaan pluk blomme in stede van dit te koop.
Vermaak Hulle:
Indien jy na die lang Januarie maand platsak is, hoekom nie tuisbly saam met ‘n geliefde. ‘n Wye verskydenheid van Flieks, boeke, artikels of musiek, Google Play geskenk karte, kan bekom word by winkels soos Pick n Pay, Checkers, CNA, Incredible Connection, Game, Makro, Edgars, Dis-Chem, HiFi Corp, en Dion Wired. Hulle kan dan slegs hul kodes aanlyn laat afkoop vir dit wat hul keuse is.
Handgemaakte bandjies wat jou sal beloon:
Gee bekostigbare bandjies in ondersteuning van waardige organisasies soos die Amy Foundation, Shine Literacy, die Endangered Wildlife Trust, Ikamva Labantu, Rotary SafeWater Project, Goodbye Malaria en nog baie ander.
Relate Bracelets is ‘n gedrewe sosiale onderneming wie handgemaakte kralewerk bandjies verkoop om geld in te vorder vir liefdadigheids organisasies wereldwyd. Gedurende die laaste drie jaar het die Organisasie meer as R26miljoen ingesamel vir meer as 90 waardige organisasies.
Indien u weet vir watter organisasies u geliefde ondersteun kan u dit so kies en kan dan pakkies met 10 Relate bandjies aankoop van Relate Bracelets se webwerf (http://www.relate.org.za/shop)