’n Mens hoor dikwels dat familie en besigheid ’n resep vir onmin is, maar dit kan werk, skryf TANYA DE VENTE-BIJKER in ons 27 November-uitgawe
Morne Cronje, hoof van Eerste Nasionale Bank se konsessie-afdeling gee die volgende raad om in gedagte te hou wanneer jy ‘n familie-onderneming wil begin:
• Hou in gedagte dat almal ‘n gemeenskaplike doel het en almal wil suksesvol wees. Maar onthou onderneming is onderneming, bestuur jou onderneming soos ‘n onderneming en nie soos ‘n familie nie.
• Leer ken mekaar se sterk en swak punte sodat almal se rolle en verantwoordelikhede uitgesorteer kan word.
• Moenie dat familieprobleme die onderneming belemmer nie. Persoonlike probleme tussen familielede moenie die werksomgewing vertroebel nie. Dit is belangrik om enige probleme uit te sorteer, veral voordat daar saam ‘n onderneming begin word.
• Hou jou neus uit ander se sake. Almal moet verstaan dat elkeen hom by sy eie rol en werk moet hou. Om jou neus in ander se sake te steek, is nie opbouend vir ‘n suksesvolle werksomgewing nie.