Samsung Suid-Afrika is gekies om aan Launching People, Mixed Talents deel te neem – ‘n wêreldwye veldtog wat toegewyd is om nuwe ontdekkings en moontlikhede te versnel. Die inisiatief het twee deskundiges van verskillende agtergronde uitgedaag om ‘n plaaslike probleem onder die Suid-Afrikaanse jeug, met behulp van Samsung-tegnologie, aan te spreek.
Samsung glo tegnologie het die vermoë om oorspronklikheid aan te wakker en mense te verenig, wat hulle sodoende die kans gee om mekaar aan te moedig om met funksionele idees vorendag te kom.
Die projek se vertrekpunt is gegrond op fokusgroepe met Suid-Afrikaanse “millennials” tussen die ouderdomme van 18 en 35 om hul daaglikse knelpunte beter te verstaan.
Talle het genoem dat dit moeilik is om werk te vind. Hierdie probleem het duidelik uitgestaan as iets wat Samsung met hul #Mixed Talents projek kon probeer aanspreek.
Samsung het twee kenners genader om as deskundige paar op te tree: Carol Koffman (senior bestuurder by Deloitte) en Jonathan Liebmann (een van die entrepreneurs betrokke by die vernuwing van die Maboneng-gebied). Die twee het oor ‘n reeks van agt werkswinkels probeer om maniere te vind om die werkloosheidskwessie onder die Suid-Afrikaanse jeug aan te spreek.
Die werkswinkels is verfilm en op Samsung se digitale media-platforms gedeel. Ná die samesprekings is entrepreneurskap as die sleutelaspek geïdentifiseer. Hulle het besef dat ‘n plek geskep moes word waar belangstellendes die hulpbronne om hul eie ondernemings te begin, kon ontvang. Sodoende het hulle besluit om ‘n “Ideesbank” te skep – ‘n plek waar jongmense hul entrepreneursidees kon voorlê vir moontlike aanvangskapitaal en mentorskap.
Om die Ideesbank en uiteindelik die uitbreiding van die konsep, te implementeer, het Carol en Jonathan met die ondersteuning van Samsung, ‘n vennootskap met METIME aangegaan. METIME is ‘n aanlynaanvangsmaatskappy wat in werkskeppingsgeleenthede spesialiseer. Hul waardes en visies wat perfek belyn met Launching People se fokus om die werkloosheidskrisis in Suid-Afrika te verlig.
Hoewel die volle METIME-oplossing aangedryf deur Samsung eers in Junie 2016 uitgerol gaan word, is die BETA-fase suksesvol in Februarie vanjaar van stapel gestuur. ‘n Groep jongmense is gekies om hul idees voor te lê, wat toe deur ‘n paneel van deskundiges, insluitende Carol en Jonathan, goedgekeur is. Drie kandidate is gekies, waarvan elk R50 000 in aanvangskapitaal, sowel as mentorskap, ontvang het om sakedrome ‘n hupstoot te gee.
Die Ideesbank is beskikbaar op www.metimejobs.co.za
Besoek www.launchingpeople.co.za vir verdere inligting oor Samsung Launching People