Nooi ’n vriendin en kom geniet hierdie eksklusiewe Vrouekeur-lesersvoorskou van Liam Neeson se nuwe fliek, Ordinary Love.
Ordinary Love word eers Februarie 2020 in fliekteaters bekendgestel, maar ons voorskou vind 23 Oktober 2019 by Ster-Kinekor in Brooklyn Mall, Pretoria, plaas en is ter ondersteuning van borskankerbewusmakingsmaand.
Eksklusiewe Vrouekeur-lesersvoorskou
Datum: 23 Oktober 2019
Plek: Ster-Kinekor, Brooklyn Mall
Tyd: 20:00
Kaartjies: R200 en sluit in: Verwelkomingsdrankies, springmielies, koeldrank, parkeerkaartjie en ‘n geskenksakkie ter waarde van R140!
Meer oor die fliek:
Joan (Lesley Manville) en Tom (Liam Neeson) is al jare getroud. Daar is ‘n gemaklikheid in hul verhouding wat spruit uit ‘n leeftyd se saamwees en hul liefde word aan humor en teerheid gekenmerk.
Toe Joan met borskanker gediagnoseer word, laat die verloop van haar behandeling ‘n lig op hul verhouding skyn. Hulle moet die uitdagings aanpak en so ook die idee wat van hulle sal word as iets met haar gebeur. Ordinary Love is ‘n storie van liefde, oorlewing en die epiese vrae wat die lewe na elkeen van ons se kant toe gooi.
Die fliek is 1 uur en 32 minute lank.